Waar begin mens om 'n besonderse mens soos Oom Johan te beskryf......
Ek onthou toe ek en Johantjie klein was en altyd namiddag by Ouma en Oupa gebly het tot Ma van die werk afgekom het....in een oogwink kom daai Mini ingewroem, soos 'n regte ge-oliede renjaer - en al wat jy sien is smiles as jy uitklim...o ja....en die blinkvos hare.....:-D
Jou liefde vir karre het maar afgevee van Oupa af ne.....maar mens kon sien hoeveel jy dit geniet het.
As ek en Johantjie kom kuier het.....kyk...daai Voxel was darem maar die beste kar ooit om in rond te "jol"! En onthou toe Johantjie daai Voxel beet kry vanaf Oom Johan....hahaha.....hy het soos 'n mal bos kind in die veld bo ons huis op en af gejaag om te kyk hoe kan hy die Voxel weer kon "op-sup" - nes sy Oom Johan!
Maar ek dink die beste en jou trotste oomblik was toe die Austin Healey finaal klaar was.....jinne maar Oom Johan se tande het altyd warm gekry (breed gesmile) as jy daar stop by Oupa.....en dan net so laaste "vroom" inwerk voor jy die engine afsit...hahaha.
En dan kom ons kinders aangehardloop om te kyk wie kan die "superman steel-hand" die hardste druk....LOL!
As daar een ding moes wees wat my altyd sal by-bly, is dit hoe jy altyd so positiewe uitkyk gehad het op die lewe - maak nie saak wat die lewe jou kant toe gedeel het nie. Jy het altyd 'n glimlag op jou gesig gehad en 'n huppel in jou stap..... 'n regte "go-getter".
Jou honger vir geleerdheid....wow.....dit was toe ek 'n tiener was die einaardigste ding om te beleef - ek meen, wie wil nou nog swot in hul veertigs? :-D.....maar dit was jou passie en jy was 'n meester daarin en jou kennis was absoluut "out of this world".
Oom Johan.....jy het 'n stempel in ieder en elk van ons se lewens gelos en ek sal jou nooit vergeet nie.
Jy was 'n figther...en ja.... 'n grap jas ook....tot die bitter einde.
Dankie vir al die goeie herinneringe wat ons altyd saam met ons kan dra.
Ek weet jy staan en glimlag van daar bo af vir ons.....en se ook seker....."ag nee man, hulle moet nou ophou trane pik"....:-)
Geen meer pyn, moeg of kortasem nie.....net vryheid, liefde, skaterlag en vreugde - dis wat jou amazing nuwe lewe in die hemel vir jou gee.
Rus in Vrede Oom Johan....x